Geen kontakbesoeke by Korrektiewe Dienste nie

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het alle kontakbesoeke opgeskort as gevolg van toenemende Covid-gevalle in fasiliteite regoor die land. Luidens ‘n verklaring sê die diens dit is sy plig om gevangenes te beskerm. Op die oomblik is daar nege beamptes en nege gevangenes wat positief vir Covid-19 getoets het. Sedert die begin van die pandemie, is 1 904 beamptes en 3 989 gevangenes vir Covid getoets met 1 917 personeel en gevangenes wat hulle eerste dosis entstof ontvang het en 1 480 wat reeds die tweede dosis ontvang het, en ‘n totaal van 472 het die Johnson en Johnson entstof ontvang.