Vakbonde in SA vies oor 3% verhoging vir staatsamptenare

Terwyl Namibiese staatsamptenare reeds sewe jaar sonder enige verhoging werk, sê die Suid-Afrikaanse vakbond, Nehawu, hy is ontsteld oor President Cyril Ramaphosa se besluit om die vergoeding van openbare ampsdraers met 3 persent te verhoog. Lwazi Nkolonzi van Nehawu sê hierdie irrasionele besluit volg op aanbeveling van die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsdraers. Hy sê hoewel die regering sê hy wil die salarisrekening van die openbare sektor inkort, kry politici en regters salarisverhogings terwyl staatsamptenare dit nie mag kry nie: