Britse-gimnastiek het sy eie uitdagings

Jong gimnaste het fisiese straf, onvanpaste oefening tydens beserings en emosionele mishandeling ervaar, en is kos en badkamerbesoeke geweier. Dit is die bevinding van die Whyte-ondersoek wat deur die sportbeheerliggame van die Verenigde Koninkryk en Engeland gelas is. Die onafhanklike ondersoek het 400 klagtes oorweeg na aanleiding van bewerings van mishandeling in die sport in Brittanje. Daar was ook 30 voorleggings oor seksuele mishandeling, maar Anne Whyte sê dit het nie algemeen voorgekom nie en die organisasie het dit in ‘n ernstiger lig beskou. Die nuus kom na die skandes wat oopgevlek is in Amerikaanse gimnastiek.