Van Wyk: Voorleggings vir vonnisoplegging vandag

Hoërhof-regter Naomi Shivute sal vandag voorleggings vir vonnisoplegging aanhoor na sy Donderdag Jeremia van Wyk skuldig bevind het aan ‘n klag van fisiese verkragting. Van Wyk het nie skuldig gepleit op die klag van verkragting nie maar wel op onsedelike aanranding. Die staat het die pleit geweier maar die pleit op ontvoering aanvaar. Van Wyk se saak handel oor die Augustus 2019 ontvoering van ‘n vyf-jarige meisie, wat bekend aan hom is, vanaf haar kleuterskool. Die kind was volgens berigte meer as agt ure in sy geselskap voor sy saam met hom in ‘n kroeg gevind is. Daar word berig Van Wyk het talle vorige skuldigbevindings wat in 1984 begin het met diefstal tot 2002 toe hy 16 jaar tronkstraf ontvang het vir moord, roof en dwarsboming van die gereg.