Vakbonde in SA staatsektor gaan voort met staking 

Vakbonde in die openbare sektor in Suid-Afrika gaan voort met sy staking. Die vakbondfederasies Saftu, Fedusa en Cosatu het bevestig dat hulle die land Dinsdag tot stilstand sal bring. Hulle beskryf ‘n verklaring oor die instel van ‘n finale salarisaanbod deur die waarnemende minister van die staatsdiens en administrasie, Thulas Nxesi, as misleidend. Hulle sê dit het gelei tot foutiewe mediaberigte dat Staatsdiensvakbonde ‘n hersiene aanbod van 7,5 persent van die werkgewer verwerp het. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê so ‘n aanbod is nooit aan die staatsdiens se Koördinerende Bedingingsraad voorgelê nie.