Landelike veiligheid ‘n prioriteit vir NLU

Landelike veiligheid bly ’n prioriteit vir die Namibiese Landbou-unie. Die Gesamentlike Misdaadvoorkomingsforum het verteenwoordiging in sewe streke in die land. Die forum is besig om ‘n grondwet saam te stel ten einde op sy eie te kan funksioneer. Die NLU sal steeds betrokke wees om te verseker dat NLU-lede se behoeftes aangespreek word. Die implementering van die memorandum van verstandhouding met die Namibiese polisie word ook deur hierdie forum aangespreek. Die forum beoog om ook samewerking te versterk met die drie verskillende afdelings binne die justisieministerie, naamlik aanklaers, landroste en hofklerke.