Nick Mallet sê Rassie Erasmus maak Springbokke ongewild

Rugby: Die kommentator, Nick Mallett, sê Rassie Erasmus is die rede waarom die Springbokke die ongewildste span in die wêreld is. Die voormalige Bok-afrigter het gereageer op Wêreld-rugby se nuutste skorsing van SA rugby se direkteur van rugby omdat hy die skeidsregters in Suid-Afrika se toetse teen Ierland en Frankryk openlik gekritiseer het. Volgens Mallett rig Erasmus se metodes meer skade aan die nasionale span as wat hy dalk besef. Mallett is van mening Erasmus se skorsing van twee wedstryde is ʼn kwaai slag voor die toetse teen Italië en Engeland.