Vaaldam maak nog twee sluise oop

Die Vaaldam gaan nog een sluis vandag om tien-uur en ‘n tweede om elf-uur oopmaak. Die uitvloei uit die Vaaldam sal dan verhoog na sowat 600 kubieke meter per sekonde. Teen dié tempo beteken dit dat ‘n Olimpiese swembad elke vier sekondes by die sluise sal deurgaan.