Buitelander bedrieg glo met vals Amerikaanse dollars

‘n Buitelander sal na verwagting vandag op aanklagte van bedrog in die landdroshof in Harrismith in die Vrystaat verskyn. Dit volg nadat ‘n lid van die publiek ‘n polisievoertuig gestop het en aan beamptes gesê het ‘n buitelander het hom bedrieg deur vals Amerikaanse dollars aan hom te gee. Polisielede het die slagoffer kalmeer en bygestaan. ‘n Woordvoerder van die polisie sê hulle het hom na ‘n plaaslike taxistaanplek geneem waar hy ‘n verdagte uitgewys het.