Uutoni kap streeksrade oor onderbesteding

Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het aan die leierskap van alle streeksrade in die land gesê om op te hou om te sit op fondse wat vir landelike ontwikkeling bedoel is. Hy het tydens die vyf dae lange jaarlikse landelike ontwikkeling-werkswinkel op Rundu gesê streeksrade hou fondse in hul bankrekeninge. Die minister het bevraagteken waarom streeksrade geld hou wanneer ontwikkeling in landelike gebiede nodig is. Hy sê by tye kan hierdie fondse ook deur ander instansies in nood aangewend word, soos dorpsrade wat water-afsluitings in die gesig staar of ander uitdagings het.