US$13m se wildprodukte uit Afrika in Viëtnam gevind

Viëtnamese polisie in Da Nang het die week beslag gelê op ongeveer 13 miljoen Amerikaanse dollar se wildprodukte en Nguyen Duc Tai in hegtenis geneem. Hy word geag as ‘n kern deel van ‘n komplekse wildsmokkel-sindikaat wat produkte vanuit Afrika na Viëtnam smokkel. Die eerste houer wat in Julie 2021 gevind is, is uit Suid-Afrika ingevoer, met 52 stukke renosterhoring, wat meer as 138 kilogram weeg, asook 93 bokse leeubene, wat 3,1 ton weeg. Die tweede houer is in Januarie 2022 gevind, verskeep vanaf Nigerië, en met meer 456 kilogram ivoor en 6,23 ton ietermagô skubbe. Dit is een van die grootste wildsmokkelsake wat ooit in Viëtnam ontdek is. Owerhede is tans besig om klagtes te formuleer.