Oorstromings in Indië, Bangladesj is klimaatsverandering

Wetenskaplikes sê klimaatsverandering is ‘n bydraende faktor tot die swaar reën wat ongekende oorstromings in Bangladesj en die noordooste van Indië tot gevolg gehad het. Dit het dosyne lewens geëis en miljoene mense ontwortel. Wetenskaplikes sê die moeson-reën is eers later in die jaar verwag, maar die noordoostelike Indiese staat Meghalaja het in die eerste drie weke van Junie byna drie keer meer as die gemiddeld vir die maand gehad. Bangladesj se Vloedvoorspellings- en Waarskuwingsentrum waarsku nog reën word oor die volgende vyf dae verwag.