Namibiese reënvalseisoen was bogemiddeld oor grootste dele

Die reënvalseisoen vanaf 1 Oktober 2021 tot 30 April 2022 was bogemiddeld oor die grootste dele van Namibië, volgens die Namibiese reënvalbulletin van April. Volgens die Namibiese Meteorologiese Dienste is daar egter kommerwekkende areas in die Omusati-, Oshana- en Otjozondjupa-streke. Plekke wat bo-normale tot normale reënval in April ontvang het, is die streke van Zambezi, Kavango-Oos en -Wes, die sentrale Noorde en die oostelike grens van die land. Die suidweste van die land het in April droë toestande gehad. Namibiese landbou-kenner, Wallie Roux, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.