Usakos-vergadering met boere het baie goed afgeloop

Die Erongo-polisie se vergadering Saterdag op plaas Satamab Noord in die Usakos-distrik oor stropery en veediefstal was ‘n sukses. Veediefstal en stropery is soos oral in die land, ‘n reuse-uitdaging in die Erongo-streek. Erongo-polisie se adjunk-hoofinspekteur Jeffrey /Urib sê belangrike aspekte het na vore getree.