Uraanprys toon stewige herstel in afgelope drie maande

Die uraanprys het baie goed herstel sedert die ramp by Fukushima, Japan in 2011. Namibië is ook ‘n uraanprodusent en die herstel van die kommoditeit oor die afgelope drie maande kan baie goeie nuus vir die land wees, mits produksiepryse in toon gehou word. Dit is die mening van Robert McGregor, ‘n ekonoom by Cirrus in die hoofstad.