Volksmoord-ooreenkoms is ‘n grap – Venaani

Die president van die PDM-party McHenry Venaani het vroeër die protesgangers voor die parlementsgebou toegespreek. Die party het saam met die LPM en Nudo opgeruk na die Nasionale Vergadering in protes teen die volksmoord-ooreenkoms. Venaani sê Duitsland moet die gemeenskappe betaal en sê die ooreenkoms is ‘n grap.