Jongste oor Ohangwena-akwifer

Die Ohangwena-akwifer is een van die vernaamste waterbronne wat Namibië het en met Angola deel. Daar is volgens die eerste berigte bronne vir meer as 400 jaar maar, daar is geen navorsing oor die aanvulling van die waterbron nie en daar is ook kommer oor ontginning van die bron met ‘n laag soutwater wat bo-op die bron is, geskei deur ‘n rotslaag. Kosmos 94.1 Nuus het met die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, gepraat oor die jongste.