Uraanprys klim as gevolg van geopolitieke spanning

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynwese Veston Malangu sê die uraanprys herstel stadig en kan moontlik 65 Amerikaanse dollar per pond later die jaar behaal. Maar, die beleggingsekonoom, Dawie Klopper, sê die herstel het te doen met die geopolitieke spanning in die wêreld.