Boeing 777 se deur ruk af in Kaapstad

British Airways het bevestig die deur van een van sy vliegtuie is in ‘n ongewone ongeluk afgeruk terwyl die vliegtuig op die Kaapstadse Internasionale Lughawe stil gestaan het. Die lugredery sê die Boeing 777 se deur het tydens ‘n roetine insleep losgeraak. Geen passasiers of bemanning was aan boord nie, maar die redery moes ‘n oornagvlug na Londen kanselleer. Die lugdiens sê in ‘n verklaring hy het kliënte om verskoning gevra vir die vertraging en ‘n alternatiewe diens gebied om hul veilig in Londen te kry.