Walvis se water is A-graad sê burgemeester

Die Walvisbaai-munisipaliteit het met een van sy inwoners, Irvin Summers, wat gekla het oor die kwaliteit van die dorp se water, ontmoet. Summers het ‘n video op sosiale media gedeel waar hy beweer dat die water swart oorblyfsels bevat al is dit deur ‘n waterfilter gesit. Die burgemeester van die kusdorp, Trevino Forbes, het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.