Unieke projek oor mis, DNS, en die dieet van diere

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie werk saam met University College Dublin in Ierland om maniere te vind om dieregesondheid, sowel as hul dieetpatrone en beweging te monitor sonder om die dier self te versteur. Professor Jens Carlsson van Dublin is tans aan besoek. Hy is ‘n genetikus en saam met die hoof van Nust se Biodiversiteitsentrum, professor Morgan Hauptfleisch, kyk hulle na DNS-analises van mis, en spore. Daardeur kan hulle moontlik individuele diere identifiseer sowel as wat hulle vreet, en waar. Carlsson het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.