‘n Rekord 231 aansoeke in die mosiehof vandag

Dit was ‘n bielie van ‘n mosiehof-sessie in die hoofstad vanoggend met ‘n skokkende 231 aansoeke voor vier regters, Marlene Tommasi, Hannelie Prinsloo, Esi Schimming-Chase en die adjunk-regterpresident Hosea Angula. Daar was 17 reël 108 aansoeke. Van die aansoeke, is 131 deur kommersiële banke gebring. Daar is 36 eiendomme opgeëis met ‘n uitstaande waarde van 36,4 miljoen Namibiese dollar. Sewe voertuie moet terugbesorg word en 88 lenings, ter waarde van 22 miljoen dollar is betaalbaar. In Maandag se sessie sal regter Thomas Masuku 44 onverdedigde egskeidings hanteer.