UNESCO hou konferensie oor water, klimaatsverandering

UNESCO in vennootskap met die Universiteit van Namibië en die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie gaan ‘n konferensie oor water en klimaatsverandering op 11 Augustus hou om oplossing vir uitdagings rakende water en klimaatsverandering te vind. Die hoofdoel van die konferensie is om die temas onder die jeug te bevorder in die konteks van watersekuriteit in verskillende gemeenskappe. Die konferensie sal ook as ‘n platform dien om jong professionele mense in die watersektor byeen te bring om die UNESCO Inter-regering Hidrologiese Program Jeugnetwerk in Namibië te vestig.