Viljoenskroon-poskantoor in Vrystaat beroof

Die Viljoenskroon-poskantoor in die Vrystaat is van ‘n aansienlike bedrag kontant beroof nadat twee verdagtes in klere soortgelyk aan dié van sekerheidsbeamptes, ‘n sekerheidswag genader en gesê het hulle lewer papier af. Hy het die deur oopgemaak en hulle na binne vergesel. Die woordvoerder van die polisie, Motantsi Makhele, sê die verdagtes het toe ‘n vuurwapen op hom gerig en beveel om op die grond te lê.