Onderwysvakbond gekant teen siekverlof vir onderwysers wat tuis wil bly

Die Namibiese onderwysministerie het aangedui dat onderwysers wat medies kan bewys dat hulle weerlose persone weens die Covid-pandemie is, toegelaat sal word om by die huis te bly as hulle vir siekverlof aansoek doen. Volgens die ministerie se woordvoerder, Sem Shino, is dit onprakties vir onderwysers om van die huis af te werk. Hy sê ‘n onderwyser wat as ‘n hoë risiko vir Covid geag word, kan aansoek vir siekverlof indien, tesame met ‘n dokter se mediese bewys. Die Onderwysersvakbond van Namibië, TUCNA, se sekretaris-generaal, Mahongoro Kavihuha, het gesê hierdie onderwysers is nie siek nie, hulle kan werk. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus daarom stem TUCNA nie saam dat siekverlof aan hulle toegestaan word nie.