UNESCO: 33 nuwe Wêrelderfenisterreine

Daar is 33 nuwe plekke op UNESCO se lys van Wêrelderfeni-terreine in die wêreld. Dit sluit in die Kaeng Krachan-woud in Thailand, die geskiedkundige kalksteenstad As-Salt in Jordanië, die argeo-sterrekundige Chankillo-kompleks in Peru en die Trans-Iran-spoorweg. Die spa-dorpe Bath in Engeland en Františkovy Lázně in die Tsjeggiese Republiek is as gesamentlike groep bevestig. Die Yellowstone Nasionale Park in Amerika was van die eerste terreine wat in 1978 op die lys verskyn het.