Slegs 13% van Hardap-streek se inwoners ingeënt

Die Hardap-streek se goewerneur, pastoor Salomon April, het gesê sy streek het tot dusver 13 persent inwoners teen Covid-19 ingeënt. Hy het tydens sy tweede streeksrede gesê 9 531 inwoners het hul eerste dosis van AstraZeneca en Sinopharm entstowwe ontvang, terwyl 286 mense ten volle ingeënt is. April sê 7 608 mense het positief vir die virus in sy streek getoets, waarvan 7 191 herstel het. Altesaam 306 sterfgevalle is in die Hardap-streek bevestig. Hy moedig inwoners van die streek aan om ingeënt te word.