Nampol trek 207 vermeende veediewe in Hardap-streek vas

Die Namibiese polisie in die Hardap-streek het 207 verdagtes in verband met veediefstal tydens die 2020-2021 finansiële jaar in hegtenis geneem. Tydens die tweede streeksrede van die goewerneur Salomon April het hy gesê 229 veediefstalsake behels 1 973 gesteelde vee ter waarde van vyf miljoen Namibiese dollar. Die polisie kon vee ter waarde van 970 300 terugvind. April het verder gesê 105 manlike en 17 vroulike dwelmverdagtes is in verband met 91 dwelmverwante sake in hegtenis geneem met dwelms ter waarde van byna 300 00 Namibiese dollar waarop beslag gelê is. Rehoboth het die hoogste misdaadkoers in die Hardap-streek van 49 persent, tweede is Mariental met 22 persent en geen misdaad is by Derm-polisiestasie aangemeld nie.