Unam hou Uitvoerende Kunsteweek by Nasionale Teater

Die Nasionale Teater van Namibië bied in samewerking met die Universiteit van Namibië die Unam Uitvoerende Kunste-week en werkswinkel vanaf 7 tot 8 Oktober 2022 by die teater aan. Die publiek kan uitsien na drama- en musiekvertonings deur die Face to the Wall-dramagroep, Unam-koor en 22 Hardcast Court-komediegroep, met nog baie meer optredes. Desiree Mentor skakelbeampte van die teater sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarna uitgesien kan word.