Meer as 75 mense sterf glo in optogte in Iran

Volgens ‘n menseregtegroep in Iran het meer as 75 mense reeds gesterf in die optogte ná die dood van Mahsa Amini in polisie-aanhouding. Die amptelike dodetal wat deur die Iranse regering vrygestel is, bly egter op 41 mense. Beamptes het glo al meer as 1 200 mense gearresteer tydens die optogte wat al sedert 16 September, die dag waarop Amini dood is, voortduur. Sy is dood na drie dae in ‘n koma na sy gearresteer is oor sy nie haar hidjab reg aangehad het nie. Sowat 20 joernaliste was onder diegene wat gearresteer is vandat die optogte begin het. Verskeie aktiviste en prokureurs is ook gearresteer. Die ware getalle is onbekend, aangesien daar verskeie internetonderbrekings voorkom en toeps soos WhatsApp en Instagram geblokkeer is.