Dissiplinêre van busonderneming moet bespoedig word

Putco stel voor daar moet ‘n hersiening wees van die dissiplinêre proses vir afgedankte werkers ná ‘n onbeskermde salarisstaking vroeër hierdie maand. Die aantal afgedankte werkers is van 105 tot 86 verminder en 53 bykomende werknemers sal geskors en van wangedrag aangekla word. Putco se woordvoerder, Lindokuhle Xulu, sê die bus-onderneming het voorgestel dat die dissiplinêre verhore vir al 139 werknemers bespoedig moet word om regverdigheid te verseker.