Eksplorasie-aansoeke dek tans 53,3% van Stampriet-bekken

Daar is tans 42 eksklusiewe prospekteerlisensies of aansoeke vir kernbrandstofminerale wat 3.37 miljoen hektaar of 53.3 persent van die Stampriet-bekken dek. Een maatskappy, Zoya Minerals, wat tien groot eksklusiewe prospekteerlisensies besit, het onlangs ’n omgewingsklaringsertifikaat ontvang om eksplorasie-aktiwiteite te begin. Die impak wat besoedelde grondwater sal hê, strek baie verder as net die Stampriet-bekken – dit raak die hele land.