Woestyn-aangepaste leeus minder, weens droogte

Die bevolking van Namibië se unieke woestyn-aangepaste leeus in die Kunene-streek het die afgelope jaar met tot 21 persent gedaal, weens ‘n droogte-geïnduseerde daling in prooi en konflik met mense. Volgens ’n opname deur die omgewingsake-ministerie in laat-2022 tot vroeg in 2023, was daar sowat 57 tot 60 volwassene leeus en 14 welpies. Sedertdien het agt tot 12 leeus gesterf – sommige deur konflik met mense, volgens die jongste statistieke. Histories was getalle egter laer. Die mens-leeu konflik blyk gedryf te word deur ‘n afname in tipiese leeuprooi wat deur die droogte veroorsaak is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die omgewingsake-ministerie se woordvoerder, wat kommentaar lewer.