Wêreldbank gee N$2,6 miljard-lening vir kragnetwerk

Die Wêreldbank het ‘n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar toegestaan vir die uitbreiding van Namibië se transmissienetwerk, asook die integrasie van hernubare energie in die netwerk. Dit sal geïmplementeer word deur NamPower onder die Transmissie-uitbreiding en energieberging-projek. Die projek het ten doel om die betroubaarheid van die land se transmissienetwerk te verbeter en integrasie van hernubare energie in die elektrisiteitstelsel moontlik te maak. Die lening sal aangewend word vir die ontwikkeling van ‘n tweede 400kV Auas-Kokerboom transmissielyn, die ontwikkeling van ‘n battery-energie stoorstelsel-fasiliteit en tegniese bystand om hernubare energie-projekte te ontwikkel.