Uitvoerende voorsitter van Toyota SA sterf

Die Sakeraad vir die Motorbedryf, Naamsa, het die ontslape uitvoerende voorsitter van Toyota SA, Johan van Zyl, geloof as ‘n legende en pionier. Hy is in Pretoria in die ouderdom van 63 weens Covid-19-komplikasies oorlede. Van Zyl het sy merk nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal gemaak. Vrystaat Rugby en die Vrystaatse Cheetahs het ook hulle skok en hartseer uitgespreek en gesê hulle het ‘n groot vriend en ondersteuner verloor. Van Zyl se passie vir rugby en die Cheetahs het dit vir die span moontlik gemaak om Toyota as borg te hê.