Ongelykhede in die verspreiding van Covid-entstowwe bly in die nuus

Ongelykhede in die verspreiding van Covid-entstowwe gaan volgens berigte ‘n blywende en diepgaande uitwerking hê op sosio-ekonomiese herstel in middel- tot lae-inkomstelande as daar nie dringend opgetree word om voorraad uit te brei nie. Nuwe inligting van die Verenigde Nasie se Ontwikkelingsprogram, die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Universiteit van Oxford dui daarop dat ‘n toename van produksie en deel van entstofdosisse aan lae-inkomstelande 554 miljard Namibiese dollar tot die bruto binnelandse produk vir 2021 kan bydra. Achim Steiner van die VN se Ontwikkelingsprogram sê in sommige lande is minder as een persent van die bevolking ingeënt. Die senior tegniese adviseur van die Nasionale Beplanningskommissie, Cilla Stephanus . . .

Stephanus verduidelik of Namibië en Afrika weens die erge impak van die Covid-pandemie ekonomies sal herstel.