Renosterstropery in Suid-Arika onder die loep

Die Suid-Afrikaanse minister van Bosbou, Vissery en die Omgewing, Barbara Creecy, het bekendgemaak dat minstens 249 van Suid-Afrika se renosters is in die eerste ses maande van die jaar gestroop. Dit is 83 meer as in dieselfde tydperk in 2020. Volgens Creecy het die verslapping van Covid-19-inperkingsmaatreëls dit makliker vir stropers gemaak om rond te beweeg. Creecy sê in ‘n verklaring om Wêreld-natuurbewaardersdag te vier, 132 renosters is die Krugerwildtuin gestroop. Die diere is ook in Limpopo, Mpumalanga en die Vrystaat se privaatnatuurreservate geteiken.