Uitvoerende burgemeester van Jozi veroordeel gewelddadige gedrag van opposisielede

Die uitvoerende burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, het die misdadige en gewelddadige gedrag van opposisie-raadslede, wat openbare verteenwoordigers aangerand en gisteraand se vergadering ontwrig het, ten sterkste afgekeur. Die woordvoerder van die burgemeester, Olebogeng Molatlhwa, sê die opposisie-raadslede het die stad en sy mense as’t ware gyselaar gehou deur belangrike verkiesings te verhoed. Molathlwa sê die raad sal Dinsdag weer vergader om met die verkiesings voort te gaan.