Namibiese Dolfynprojek verduidelik talle walvisstrandings langs kus

Gister is nóg ‘n gestrande boggelrugwalvis by Langstrand deur die Namibiese Dolfynprojek gerapporteer. Kommer heers oor walvisstrandings, omdat 14 walvisse sedert November verlede jaar langs die Namibiese kus gestrand het, waarvan tien in Desember en twee in Januarie. Chelsea Koval-csik van die dolfynprojek verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom walvisse strand.

Sy sê ook sy vermoed nie dat die walvisstrandings weens die aflandige boorwerk vir olie en gas is nie.