Uiteindelik van Brittanje se rooilys verwyder

Die Namibiese toerismesektor is verheug dat Namibië van die Verenigde Koninkryk se rooilys vir toeriste verwyder is. Die rooilys plaas ‘n verbod op enige reis na Brittanje behalwe vir inwoners, houers van permanente verblyf en voltydse studente. Buiten sewe lande, is altesaam 46 ander lande van die VK se rooilys verwyder. Dit is van Maandag 11 Oktober van krag en beteken reisigers hoef nie meer 11 aande op eie koste te isoleer nie. Suid-Afrika is ook van die lys verwyder en die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê Brittanje se besluit om Suid-Afrika van sy rooilys vir reise te verwyder, is goeie nuus vir die provinsie.