Mediese blaaskansie, maar daar word voorberei vir volgende vlaag

Met Covid-gevalle wat afneem en hospitalisasie wat nie meer so hoog soos vorige maande is nie, is die las van verpleegsters ook minder. Volgens Junias Shilunga, die Verpleegstersunie van Namibië se sekretaris-generaal, het verpleegsters minder druk in vergelyking met vorige maande. Shilunga het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle berei voor vir ‘n volgende vlaag en wil nie weer onkant soos tydens die vorige vlaag gevang word nie.