Uganda hef boete van N$17 000 as jy nie spuit nie

Uganda beplan om boetes uit te reik aan landsburgers wat weier om teen Covid-19 ingeënt te word, en diegene wat versuim om te betaal, kan ingevolge ‘n nuwe wet op openbare gesondheid wat wetgewers noukeurig ondersoek, tronk toe gestuur word. Alhoewel die land byna ‘n jaar gelede Covid-inentings begin toedien het, is slegs ongeveer 16 miljoen inentings toegedien in ‘n bevolking van 45 miljoen, met amptenare wat wydverspreide onwilligheid vir die lae dekking blameer. Die nuwe wet stel ‘n boete van 4 miljoen Ugandese sjielings, 17 000 Namibiese dollar voor vir diegene wat nie ingeënt word nie.