DStv maak veranderings aan Catch Up toegang

Multichoice het aangekondig DStv-intekenare sal van 22 Maart af nie meer toegelaat word om DStv Catch Up-inhoud op meer as een toestel op dieselfde tyd te stroom nie. Dit sal op beide biblioteekinhoud en op liniêre TV-kanaal as stroming gestaak word. Volgens Multichoice het die uitdaging van wagwoorde wat gedeel word en onwettige kopiëring, gelei tot die beperking van die huidige stroming. Die verandering geld vir alle DStv-intekenare in Afrika. Die kanaal sê ontkoppelde televisiekyk en Showmax-intekenare word nie geraak nie.