NEF gesels wel met vakbond oor vervoeruitdagings

Gister was die sperdatum van die Namibian Revolutionary Transport Union wat hy aan die Namibiese Werkgewersfederasie gestel het vir ‘n ingryping in die vervoerbedryf. Die vakbond meen daar is uitbuiting van werkers in die industrie en wil hê die federasie moet intree of, ‘n grootskaalse staking sal plaasvind. Die sekretaris-generaal van die federasie Daan Strauss sê hy is tans besig met ‘n antwoord aan die unie.