Twitter dank byna al sy werkers in Ghana af 

Twitter het byna al sy werknemers in Ghana afgelê. Die Amerikaanse sosiale media-reus sê in ‘n verklaring hy herstruktureer sy bedrywighede en moet kostes sny. Die kantoor in Ghana is die enigste in Afrika en het eers verlede jaar geopen om meer Afrika-gesprekke te kon hou. Volgens berigte is geen vergoeding aangebied nie, maar gewone salarisse sal betaal word tot die werkers se kontrakte aan die begin van Desember verval.