SA petrolprys gaan dalk skerp styg in Desember

ʼn Reuse-verhoging van meer as een Suid-Afrikaanse rand per liter in die petrolprys word vir die begin van Desember in die vooruitsig gestel. Hoewel die maand nog jonk is, is daar ʼn groot onderverhaling en dit sal lei tot ʼn verhoging. Die hoof-ekonoom van Investec, Annabel Bishop, sê die rand is stabiel en dus nie ʼn bydraende faktor nie. Oliepryse het sedert Junie gedaal maar onlangse stygings beïnvloed ook die prys van diesel. Volgens Bishop is selfs die sterker rand nie genoeg om hoër oliepryse teen te werk nie.