Stad Kaapstad beloon sy bewaarders

Die Stad Kaapstad se bioverskeidenheid-bestuurstak het sy jaarlikse toekenning-seremonie in die Blaauwberg-natuurreservaat gehou. Dit was ter ere van die personeel se pogings om natuurbewaring regoor die metro die afgelope jaar te bevorder. Die burgemeesters-komiteelid vir die omgewing, Eddie Andrews, sê die toekennings-kategorieë sluit die beste flora- en fauna-vondste van die jaar in.