Wynland brande: Spanne ontplooi

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê sy brandbestrydingsdiens en vennote veg sedert gistermiddag teen talle aktiewe brande. Die brand in Du Toitskloof in die Paarl is redelik onder beheer, maar daar is nog dele wat brand. Die Franschhoek-munisipaliteit se brandweerspanne is gistermiddag laat by ʼn brand naby die Bergrivierdam ontplooi. Die woordvoerder van die Kaapse Wynland, Jo-Anne Otto, sê weens die hoogs vlambare plantegroei het die brand vinnig beweeg in die rigting van grond in privaat besit: