Afrika-Unie veroordeel Israel se Rafah-inval

Die Afrika-Unie het Israel se Rafah-inval veroordeel, terwyl Rusland waarsku dit kan die gebied met meer as een-miljoen mense destabiliseer. ‘n Palestynse ontleder sê Israel se beslaglegging op die Rafah-kruising kán ‘n poging wees om nuwe feite op die grond te skep, óf ‘n poging om die samesprekings oor ‘n wapenstilstand te saboteer. Israel se anneksering van die Palestynse kant van die Rafah-kruising het volg op ‘n verklaring deur Hamas dat hulle ‘n wapenstilstandsvoorstel aanvaar het. Israel voer aan die jongste voorstel is anders as waaroor voorheen ooreengekom is.