Duitse klubs blink uit in Europa

Sokker: Duitse klubs lyk op die oomblik sterk. Borussia Dortmund is deur na die Kampioeneliga-eindstryd nadat hy Paris Saint-Germain geklop het. Hul teenstanders sal vanaand in Spanje bepaal word in die wedstryd tussen Bayern München en Real Madrid, wie se eerste halfeind-kragmeting 2-elk geëindig het. Intussen het Bayer Leverkusen een voet in die Europaliga-eindstryd omdat hulle twee-nul voorloop teen Roma ná die eerste halfeind-kragmeting. Bayern München se bestuurder, Thomas Tuchel, sê dit is ‘n hupstoot vir Duitse klubs se selfvertroue.